Isaiah 25NLV

1Here, ek eer en prys u Naam, want U is my God. U doen wonderlike dinge! U het dit lankal beplan, en nou het U dit uitgevoer.

2U het ’n stad in ’n puinhoop verander. Die stad met sterk mure het ’n rommelhoop geword. Pragtige paleise in verre lande het verdwyn en word nooit weer herbou nie.

3Daarom sal sterk nasies van u heerlikheid vertel, genadelose volke U eer.

4Vir die armes is U, Here, ’n toevlug in die storm. Vir die behoeftiges in nood is U ’n skuilplek teen die hitte en die stortreën. Die onderdrukkende dade van genadelose mense is soos ’n storm wat slaan teen die muur,

5of soos sonsteek in die woestyn. Die geraas van vreemde nasies het U laat ophou. U koel die land af met die skadu van ’n wolk. So word die liedere van genadelose mense stilgemaak.

6In Jerusalem gaan die Here die Almagtige, ’n heerlike fees voorberei vir almal oor die hele wêreld. Dit gaan ’n fees wees met goeie kos, die beste wyn en die beste vleis.

7Daardie dag sal Hy die wolk verwyder, die skaduwee van die dood oor die nasies.

8Hy sal die dood vir altyd vernietig! Die oppermagtige Here sal al die trane afvee. Hy sal alle beledigings verwyder van sy land en sy mense. Die Here het dit gesê.

9Daardie dag sal die mense uitroep: “Dit is ons God. Ons het op Hom vertrou, en Hy het ons gered. Dit is die Here op wie ons vertrou het. Laat ons bly wees omdat Hy ons gered het!”

10Want die Here se goeie hand sal rus op Jerusalem. Moab sal vernietig word soos strooi wat vertrap is op die mishoop.

11Hulle sal hulle hande in die mishoop uitsteek soos ’n swemmer die hande uitsteek om te swem. Maar God sal hulle trots beëindig ten spyte van al hulle slimstreke.

12Die hoë mure van Moab sal Hy platslaan, hulle op die grond neergooi.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 25.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.