Isaiah 18NLV

1Verwoesting wag vir die land langs die riviere van Etiopië, die land van sprinkane.

2Sy gesante seil in papirusbote oor die water. “Gaan huis toe, vinnige boodskappers! Neem ’n boodskap vir die land wat deur riviere verdeel word, na julle lang mense met die gladde vel wat wyd en syd gevrees word vir hulle aanvalle en verwoesting.”

3Wanneer ek ’n vaandel opsteek op die berg, moet die hele wêreld en sy inwoners kennis neem. Wanneer ek die trompet blaas, moet julle luister!

4Want die Here het vir my gesê: “Ek kyk rustig uit my woonplek, so rustig soos die hittegolwe op ’n somersdag, of soos dou op ’n herfsmôre tydens oestyd.”

5Nog voor julle die aanval begin, terwyl julle planne ryp word soos druiwe, sal die Here julle afsny soos met ’n snoeiskêr. Hy sal die takke wat uitgroei, afsny.

6Julle magtige leër sal dood lê in die veld, en die voëls en wilde diere sal hulle vreet. Die aasvoëls sal die hele somer aan hulle vreet. Wilde diere sal die hele winter aan hulle bene knaag.

7Die tyd kom wanneer die Here, die Almagtige, geskenke sal kry van die lang mense met die gladde vel wat wyd en syd gevrees word vir hulle aanvalle en verwoesting. Die land wat deur riviere verdeel word, sal geskenke bring vir die Here, die Almagtige, in Jerusalem, die plek waar Hy woon.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 18.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.