Isaiah 15NLV

1Hierdie boodskap het ek oor Moab gekry: In een nag sal Moab se stede, Ar en Kir, verwoes word.

2Jou mense in Dibon sal by hulle tempels en heiligdomme huil. Hulle sal huil oor die lot van Nebo en Medeba. Hulle sal hulle koppe kaalskeer uit verdriet, en hulle baarde afskeer.

3Hulle sal rouklere dra wanneer hulle op straat kom. Want in elke huis en op elke plein sal mense bitterlik huil van verdriet.

4Die geroep uit die stede van Gesbon en Elale sal van ver af gehoor kan word, selfs tot in Jahas. Die dapperste soldate van Moab skreeu van angs.

5Ek huil oor Moab. Sy mense vlug na Soar en Eglat-Selisija. Al huilende klim hulle die skuinste na Lugit toe uit. ’n Mens kan hulle hoor huil al die pad na Goronajim toe.

6Selfs die water van Nimrim het opgedroog! Die gras het verdroog en die plante het verdwyn. Niks groens het oorgebly nie.

7Die vlugtelinge is so desperaat dat hulle net die besittings saamvat wat hulle kan dra. Hulle vlug oor die Wilgerspruit.

8Die hele land Moab huil van een kant tot die ander kant, van Eglajim tot by Beër-Elim.

9Die stroom by Dibon is rooi van die bloed, maar Ek is nog nie klaar met Dibon nie. Daar sal die leeus oorlewendes vang, dié wat probeer weghardloop en dié wat agterbly.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.