Isaiah 12NLV

1Op daardie dag sal jy sing: “Ek prys U, Here! U was kwaad vir my, maar U is nie meer nie. Nou troos U my.

2God het my kom red. Ek vertrou op Hom. Ek is nie meer bang nie. Die Here, die Here is my krag en my lied. Hy het my kom red.”

3Met blydskap sal julle drink van die fonteine van redding!

4In daardie dag sal julle sing: “Dank die Here! Prys sy Naam! Vertel die wêreld wat Hy gedoen het. Vertel vir almal dat Hy groot is.

5Sing vir die Here, want Hy het heerlike dinge gedoen. Laat almal in die wêreld dit hoor.

6Jubel en juig, inwoners van Jerusalem! Want groot is die Heilige Een van Israel. En Hy woon tussen julle!”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.