Isaiah 11NLV

1Uit die stomp van Dawid se familie sal ’n takkie groei, ’n tak wat vrugte sal dra.

2Die Gees van die Here sal op hom rus, die Gees wat wysheid en insig bring, die Gees wat raad en krag bring, die Gees wat kennis en eerbied vir die Here bring.

3Hy sal sy vreugde daarin vind om die Here te gehoorsaam. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn of op vals getuienis of hoorsê nie.

4Hy sal die armes en verdruktes beskerm. Teen die bose mense sal hy optree en met die asem van sy mond hulle om die lewe bring.

5Hy sal regverdigheid aantrek, en ook waarheid.

6Daardie dag sal die wolf die gas van die lam wees. Die luiperd en die bokkie sal langs mekaar lê. Kalwers en vetgemaakte beeste sal veilig by leeus wees, en ’n kindjie sal vir almal sorg.

7Vee sal tussen bere wei, hulle kleintjies sal by mekaar lê en leeus sal gras vreet soos beeste.

8Babas sal veilig tussen giftige slange speel. ’n Kindjie sal sy hand uitsteek na giftige slange en niks oorkom.

9Niks of niemand sal op my heilige berg verwoesting of kwaad aanrig nie. Soos die water die see vol maak, so sal die aarde vol wees van mense wat die Here ken.

10Daardie dag sal die erfgenaam van Dawid se troon ’n vlag opsteek wat vir die hele wêreld redding sal bring. Die nasies sal na hom toe kom, want die land waar hy bly, sal ’n heerlike plek wees.

11Op daardie dag sal die Here vir die tweede keer ’n oorblyfsel van sy volk terugbring, almal wat oorgebly het uit Assirië, Egipte, Patros, Etiopië, Elam, Babilonië, Hamat en die kuslande.

12Hy sal ’n vlag tussen die nasies oprig en die ballinge van Israel sal van die uithoeke van die aarde daarheen kom.

13Dan sal die naywer tussen Israel en Juda verdwyn. Hulle sal nie meer met mekaar baklei nie. Israel sal nie weer op Juda jaloers wees nie, en Juda sal nie meer vyandig wees teenoor Israel nie.

14Saam sal hulle die Filistyne in die weste aanval. En saam sal hulle die nasies in die ooste aanval en hulle plunder. Hulle sal die lande van die Edomiete, Moabiete en Ammoniete verower.

15Die Here sal die Egiptiese see laat opdroog. Hy sal ’n skroeiende wind oor die Eufraat laat waai en ’n sterk wind stuur wat dit in sewe kanale sal verdeel waar ’n mens maklik kan deurloop.

16Hy sal ’n hoofpad maak vir die oorblyfsel wat nog in Assirië is, net soos vir Israel toe hulle uit Egipte teruggekom het.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.