Ecclesiastes 11NLV

1Gooi jou brood op die water, want na ’n lang tyd kry jy dit terug.

2Sit jou besittings op sewe of agt plekke. Jy weet immers nie watter rampe die land kan tref nie.

3As wolke vol water is, val daar reën op die aarde. Of ’n boom nou suid val of noord, dit bly lê waar dit geval het.

4As jy heeldag na die wind kyk, sal jy nooit saai nie. En as jy na die wolke kyk, sal jy nooit oes nie.

5Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.

6Saai jou saad vroegoggend, maar moenie ophou as dit aand word nie. Jy weet nie watter een suksesvol sal wees, en of al twee saam ’n goeie oes sal lewer nie.

7Lig is soet, en dis goed vir die oë om die son te sien.

8Ongeag hoe lank jy lewe, geniet elke oomblik daarvan. Maar onthou die donker dae, want hulle sal baie wees. Tog is alles wat kom, sinloos.

9Jong man, geniet jou lewe terwyl jy jonk is, vind vreugde in jou jeug en wat jy ook al sien. Doen wat jy graag wil doen, maar onthou net: God sal van jou rekenskap eis.

10Vermy bekommernis, dit sal jou liggaam gesond hou. Ook die jeug en jonkheid is sinloos.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Ecclesiastes 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.