Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 94

:
Afrikaans - DB
1 Here, U hou net mooi niks van verkeerde dinge nie. U straf dinge wat nie reg is in u nie. Wys tog Uself!
2 God, laat almal tog sien U doen altyd die regte dinge. U is die aarde se Regter. Reken af met mense wat dink hulle is belangriker as U. Daar is mense wat glad nie hulle plek ken nie. Hulle dink hulle is belangriker as ander mense. Sorg dat hulle planne misluk.
3 Hoe lank nog gaan mense wat weier om U te dien, daarmee loskom, Here? Hoe lank gaan hulle die lewe geniet?
4 Hulle verkleineer ander en praat lelike dinge.
5 Here, daardie slegte mense verneder u kinders. Hulle skend die regte van u kinders. Hulle gee niks om vir mense wat swaarkry nie.
6 Hulle vermoor arme weduwees en wese en vlugtelinge sonder om twee keer te dink.
7 Hulle sê: Die Here sal dit tog nie raaksien nie. Die God van daardie klomp gelowiges sal dit nie eens agterkom nie.
8 Gebruik ’n slag julle kop. Party van julle het maar min insig. Julle is heeltemal sonder verstand. Wanneer gaan julle raaksien wat die Here wil hê?
9 Die Here maak ore sodat mense daarmee kan hoor. Sal Hy dan self doof wees? Hy maak sodat mense kan sien. Sal Hy dan self blind wees?
10 Die vraag is nou: Sal die Here, wat vir mense wys wat reg en verkeerd is, dan nie verkeerde dinge straf nie? Natuurlik! Hy sal dit beslis doen! Hy leer hulle dan wat reg en verkeerd is.
11 Die Here weet baie goed wat mense dink. Hulle gedagtes beteken niks nie.
12 Here, mense wat leer wat u wil is en dit doen, is baie gelukkig.
13 U sal vir hulle uitkoms gee as teëspoed hulle getref het. Maar hulle wat weier om U te dien se dood kruip stadig nader.
14 Die Here sal nooit die rug vir sy kinders draai nie. Mense wat aan Hom behoort, sal Hy nooit in die steek laat nie.
15 Hy sorg dat daar ’n tyd kom dat mense weer reg sal optree. Almal wat eerlik is, sal baie bly wees daaroor. Hulle sal dan die regte dinge doen.
16 Is daar iemand wat vir my kant sal kies teen ’n klomp kwaaddoeners? Wie sal my help teen mense wat altyd net verkeerde dinge teen my wil aanvang?
17 As die Here my nie gehelp het nie, was dit klaarpraat met my. Dan was ek al dood!
18 Wanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir u kinders met u liefde!
19 As ek bekommerd begin word, dan dink ek maar net daaraan dat U vir my sorg. Dan word ek weer rustig.
20 U kan dit nie verdra as mense oneerlik is nie. U hou niks daarvan dat slegte mense hulle nie steur aan wat U en ander in die moeilikheid laat beland nie.
21 Daardie spul skelms is lelik met mense wat U dien. Hulle beskuldig onskuldige mense links en regs. Hulle laat hulle doodmaak.
22 Maar die Here pas my goed op. Hy is my God. Hy beskerm my en help my.
23 Ja, die Here sorg dat daardie skurke se slegte dade misluk. Hy sal hulle laat boet. Hy vernietig hulle saam met die kwaad wat hulle doen. Die Here is ons God. Hy vat slegte mense vas!