Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 93

:
Afrikaans - DB
1 Die Here regeer! Sy grootheid en krag is vir Hom soos sy klere. Kyk hoe vas staan die wêreld, ’n mens kan dit nie sommer rondstoot nie.
2 Maar die Here wat oor alles heers, staan nog vaster, want Hy is van altyd af daar.
3 Kyk na die see; dit druis en die golwe slaan, o Heer, maar wat is dit in vergelyking met U?
4 Die Here is groter as die grootste golwe en magtigste gedruis. Sy krag oortref alles, net mooi alles!
5 Niemand kan verander wat die Here wil nie. Dit staan vas. Die grootheid en andersheid van die Here oorweldig jou. Jy sien dit in sy woonplek. Dit is nou so, o Here, en dit sal altyd so wees.