Psalms 83
1 ***
2 God, hou op om my te ignoreer; U wil niks met my te doen hê nie. Moenie maak of U my nie hoor en dan niks doen nie.
3 Kyk net hoe gaan die ongelowiges te kere. Hulle wat niks van U dink nie, dink baie van hulleself. En hulle verset hulle teen U.
4 Hulle praat agteraf oor u kinders. Hulle maak planne teen mense vir wie U beskerm.
5 Hulle sê: “Kom ons gaan maak daardie klomp dood. Dan kan hulle nie meer die Here se kinders wees nie. Niemand sal dan meer oor God se kinders praat of van hulle onthou nie.”
6 Hulle het saam besluit om teen U te veg. Hulle het ’n ooreenkoms teen u gemaak.
7 [7-9] Hulle kom van oral af: kleintjies en grotes, swakkes en sterkes, onbekendes en mense uit bekende families. Al die volke wat U nie dien nie, span saam teen U.
8 ***
9 ***
10 Maak met hulle soos met daardie mense wat lank terug u kinders wou doodmaak.
11 [11-12] Daar is so baie voorbeelde van mense wat teen U in opstand was: Sisera, Jabin, Oreb en nog baie ander. U het hulle ’n skandelike dood laat sterf.
12 ***
13 Hulle het gesê: “Kom ons vat hulle kosbare blyplek. Dit behoort mos aan God.”
14 My God, laat hulle soos droë gras in die wind wegwaai.
15 Maak hulle soos ’n bos of ’n berg wat deur ’n veldbrand verwoes word.
16 Laat ’n stormwind, ’n orkaan hulle uitmekaarruk en wegwaai.
17 Tref hulle baie hard! Hulle moet baie bang word. Laat hulle in die skande kom. Dan sal hulle agterkom wie U regtig is.
18 Maak hulle skaam oor wat hulle aanvang! Laat hulle lewe een groot verskrikking wees. En wis hulle van die aarde af.
19 Laat hulle besef hoe groot en sterk U regtig is. Verander hulle lewe in een groot nagmerrie. Hulle moet weet dat U alleen God is, niemand anders nie. U Naam is Here. U regeer oor die hele aarde.