Psalms 70DB

1***

2God, moenie langer wag nie. Red my! Here, help my tog gou!

3Daar is mense wat my wil doodmaak. Laat hulle self in die moeilikheid beland. Laat hulle skaam kry oor wat hulle doen. Laat mense wat dit geniet om my te sien swaarkry, weghardloop.

4Laat mense wat met my spot, voel hoe dit is om in die skande te kom. Hulle lag my mos uit en maak ’n gek van my.

5Almal wat by U gaan hulp soek, moet bly wees. Laat mense wat U liefhet, elke dag sê: Daar is niemand groter as God nie!

6Ek is in groot moeilikheid. Daarom het ek u hulp nodig. God, help my tog gou! Kom haal my uit hierdie krisis uit. U is die Een wat my red. Here, moenie langer wag nie!

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 70.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.