Psalms 138DB

1Ek sal die Here met my hele lewe prys. Ook al dien mense rondom my ander gode, sal ek U grootmaak.

2U sal ek loof en aanbid, want ’n mens kan U vertrou. U het u kinders baie lief. Omdat u Naam op die spel is, het U belowe om u kinders altyd lief te hê.

3Op ’n dag het ek tot U gebid. U het na my geluister en my gehelp. My lewe het verander, want U het my nuwe moed en krag gegee.

4Almal wat op die aarde regeer, sal U loof, Here. Laat hulle tog net hoor wat U sê en doen.

5Hulle sal sing oor wat die Here met mense doen. Niemand is belangriker as Hy nie.

6Niemand is groter as die Here nie. Sy grootheid lê daarin dat Hy mense raaksien en help wat dit nie self kan doen nie. Maar mense wat dink dat hulle beter as ander is, kyk Hy mis.

7Wanneer ek in die moeilikheid is, help U my. Mense kry my nie onder nie. U keer dat mense wat my wil seermaak, dit regkry. U red my uit hulle kloue.

8Die Here sal vir my sorg totdat ek die dag doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my goed te wees nie.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 138.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.