Psalms 124DB

1God se kinders het gesê: Ander mense wou ons vernietig.

2As die Here nie toe vir ons goed was en ons gehelp het nie, was dit verby met ons.

3Hulle was baie kwaad vir ons. Hulle wou oor ons loop.

4Ons sou verdwyn het soos ’n grashalmpie wat in ’n magtige rivier beland.

5Hulle sou baie trots gewees het as hulle ons met die grond gelyk kon vee.

6Maar julle moet vir die Here baie dankie sê. Hy het gesorg dat ons nie die onderspit delf nie. Die mense wat ons wou vernietig, het dit nie reggekry nie. Hy het ons lewe gespaar.

7Ons het soos ’n voëltjie uit ’n voëlwip uitgeglip. Die wip wat hulle vir ons wou stel, het gebreek. Nou is ons vry.

8Dit is die Here wat ons help, want Hy is die sterkste van almal. Hy het nie verniet die hemel en die aarde gemaak nie.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 124.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.