Psalms 12DB

1***

2Red tog, Here, want daar is nie enige gelowiges oor nie. Hulle wat U gedien het, het tussen neus en oë verdwyn. Daar is niemand op wie ek kan vertrou nie.

3Mense lieg en bedrieg mekaar. Met mooi woorde is die een besig om die ander om die bos te lei en te bedrieg.

4Ek wens die Here wil alle vleiery en grootpratery laat verdwyn. Daar is mense wat sê:

5“Ons kan enigiemand ’n gat in die kop praat. Met die mond kry ons alles reg. Ons is baas oor almal.” Die Here het genoeg daarvan gehad.

6Hy sê: “Ek gaan almal help wat verdruk word. Ek hoor die hulpkrete van mense in nood. Ek sal elkeen beskerm wat na my verlossing smag.”

7Wat die Here sê, dit bedoel Hy. Sy beloftes is eg. Hulle is soos goud wat in ’n vuurwarm oond skoongebrand is. ’n Mens kan daarop reken.

8Here, U sal hulle beskerm. U sal ons teen die slegte mense van ons dag beskerm,

9selfs al loop hulle oral rond en spog; selfs al is almal rondom ons propvol slegte dinge.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.