Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 12

:
Afrikaans - DB
1 ***
2 Red tog, Here, want daar is nie enige gelowiges oor nie. Hulle wat U gedien het, het tussen neus en verdwyn. Daar is niemand op wie ek kan vertrou nie.
3 Mense lieg en bedrieg mekaar. Met mooi woorde is die een besig om die ander om die bos te lei en te bedrieg.
4 Ek wens die Here wil alle vleiery en grootpratery laat verdwyn. Daar is mense wat sê:
5 “Ons kan enigiemand ’n gat in die kop praat. Met die mond kry ons alles reg. Ons is baas oor almal.” Die Here het genoeg daarvan gehad.
6 Hy sê: “Ek gaan almal help wat verdruk word. Ek hoor die hulpkrete van mense in nood. Ek sal elkeen beskerm wat na my verlossing smag.”
7 Wat die Here sê, dit bedoel Hy. Sy beloftes is eg. Hulle is soos goud wat in ’n vuurwarm oond skoongebrand is. ’n Mens kan daarop reken.
8 Here, U sal hulle beskerm. U sal ons teen die slegte mense van ons dag beskerm,
9 selfs al loop hulle oral rond en spog; selfs al is almal rondom ons propvol slegte dinge.