Psalms 11DB

1Ek gaan kruip weg by die Here. Ek verstaan nie hoekom mense vir my sê om soos ’n voël weg te vlieg en op ’n ander plek hulp te gaan soek nie.

2Mense wat U nie dien nie, probeer ander tot ’n val bring, Here. Hulle staan reg om mense wat reg lewe seer te maak. Hulle val mense wat reg lewe in die donker aan.

3Hulle doen dit wanneer niemand hulle sien nie. Mense wat reg lewe, is magteloos teen hulle.

4Die Here is in sy woonplek. Hy regeer uit die hemel oor alles. Hy kyk wat mense doen en toets hulle optrede.

5Die Here kyk of dié wat reg lewe sy toets slaag. Hy het geen tyd vir daardie spul wat alles met hulle vuiste en wapens wil uitsorteer nie.

6Mag die Here almal wat Hom nie dien nie, voor Hom wegvee. Mag Hy hulle soos ’n orkaan tref.

7Die Here is altyd regverdig. En Hy hou daarvan as mense die regte dinge doen. Almal wat opreg lewe, sal voor die Here kan gaan staan.

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.