Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 114

:
Afrikaans - DB
1 Toe Israel uit Egipte getrek het en Jakob se mense padgegee het van daardie spul barbare af,
2 toe het Juda God se spesiale grondgebied geword en Israel die plek waar die Here sy groot mag wys.
3 Die see het net een kyk na God se groot krag gegee en op die vlug geslaan. Die Jordaan het ook vreesbevange padgegee.
4 Magtige berge het soos ’n klomp skape rondgespring en die heuwels soos lammetjies.
5 See, wat is fout met jou dat jy so vinnig op die vlug slaan, en jy, Jordaan, hoekom gee jy pad?
6 Berge, hoekom spring julle soos ’n klomp skape rond, en heuwels, hoekom skarrel julle soos lammetjies rond?
7 Aarde, jy moet bewe van vrees wanneer die Here op die toneel verskyn! Bewe as die God van Jakob sy opwagting maak.
8 Hy het klipharde rotse in ’n groot dam vol water verander, harde klippe in ’n fontein vol vars water!