Psalms 114DB

1Toe Israel uit Egipte getrek het en Jakob se mense padgegee het van daardie spul barbare af,

2toe het Juda God se spesiale grondgebied geword en Israel die plek waar die Here sy groot mag wys.

3Die see het net een kyk na God se groot krag gegee en op die vlug geslaan. Die Jordaan het ook vreesbevange padgegee.

4Magtige berge het soos ’n klomp skape rondgespring en die heuwels soos lammetjies.

5See, wat is fout met jou dat jy so vinnig op die vlug slaan, en jy, Jordaan, hoekom gee jy pad?

6Berge, hoekom spring julle soos ’n klomp skape rond, en heuwels, hoekom skarrel julle soos lammetjies rond?

7Aarde, jy moet bewe van vrees wanneer die Here op die toneel verskyn! Bewe as die God van Jakob sy opwagting maak.

8Hy het klipharde rotse in ’n groot dam vol water verander, harde klippe in ’n fontein vol vars water!

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 114.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.