Psalms 113DB

1Kom loof die Here! Julle wat die Here dien, sê dankie vir Hom. Prys sy Naam!

2Julle moet sorg dat mense altyd die Here prys, nou en vir altyd.

3Van die môre tot die aand moet julle sy Naam loof.

4Daar is niemand wat soveel mag het soos die Here nie. Hy is groter as enigeen in die hemel.

5[5-6] Geen mens of volk is so sterk soos Hy nie. In die hemel of op die aarde is daar niemand soos die Here ons God nie. Hy is baie belangrik. Tog sien Hy onbelangrike en nederige mensies dadelik raak.

6***

7Iemand wat deur ander mense vertrap is, help Hy om weer op te staan. Hy tel arm mense van die ashoop af op.

8Dan behandel Hy hulle soos konings. Hy laat hulle tussen belangrike mense sit.

9Hy laat die onmoontlike gebeur: ’n Vrou wat geen kinders kan hê nie, laat Hy swanger word. Hy verander ongeluk in blydskap. Kom loof die Here!

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 113.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.