Psalms 67AFR83

1Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.

2Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, Sela

3sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.

4Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!

5Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela

6Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!

7Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën.

8God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 67.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.