Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 67

:
Afrikaans - AFR83
1 Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.
2 Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, Sela
3 sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.
4 Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!
5 Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela
6 Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!
7 Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën.
8 God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer.