Psalms 65AFR83

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.

2Aan U, o God, kom 'n lofsang toe in Sion: geloftes moet betaal word

3aan U wat die gebed verhoor. Na U toe sal alle mense kom

4om hulle skuld te bely. Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.

5Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning.

6In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou.

7U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan;

8U laat die gedruis van die see, die geraas van die golwe, die rumoer van die nasies bedaar,

9sodat ook die mense in afgeleë lande ontsag kry vir die tekens van u mag; in die ooste en in die weste laat U die mense juig.

10U sorg vir die land en gee oorvloed, U maak dit baie vrugbaar. Die groot riviere is vol water, U laat die koring welig staan. Alles is u werk!

11U maak die ploegvore vol water en die kluite nat, U laat hulle sag word van die reëns, U laat alles welig groei.

12U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed!

13Daar is volop weiding in die woestyn; die bulte juig,

14die velde wemel van die kleinvee, die vlaktes staan vol koring; hulle juig en hulle sing.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 65.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.