Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 43

:
Afrikaans - AFR83
1 Laat tog reg aan my geskied, o God, behartig tog my saak teen 'n godlose bende, red my van vals en misdadige mense.
2 Net U is my skuiling, my God; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?
3 Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning!
4 Laat my ingaan na die altaar van God, die God oor wie ek wil jubel en juig, dat ek U kan loof met die lier, o God, my God!
5 Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!