Psalms 42AFR83

1Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete.

2Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.

3Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?

4Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?”

5As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het met gejuig en lofsang — 'n skare wat feesvier.

6Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper

7 en my God! Uit my vertwyfeling roep ek na U hier van die Jordaangebied, van Hermonberg, van die Kleinberg af

8waar die waters teen mekaar raas en u waterstrome bruis. U het golf na golf oor my laat slaan.

9Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, 'n gebed tot die God van my lewe.

10Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”

11Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou God nou?”

12Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 42.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.