Psalms 36AFR83

1Vir die koorleier. Van Dawid, die dienaar van die Here.

2In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord. Die goddelose het geen vrees vir God nie

3en praat net goed oor homself. Hy is altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat.

4As hy praat, is dit kwaadwillig en vals; verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie.

5Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit; hy bly op 'n pad wat nie reg is nie; wat sleg is, verwerp hy nie.

6Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke,

7u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here.

8Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil.

9In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

10U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.

11Laat u liefde bly by dié wat U erken en u trou by dié wat opreg is.

12Laat my nie onder die voete van eiegeregtige mense beland nie, moenie dat goddeloses my hier wegdryf nie!

13Dié wat altyd onreg doen, val net daar waar hulle is; hulle word platgeslaan en kan nie weer opstaan nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 36.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.