Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 29

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag!
2 Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning!
3 Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters!
4 Die stem van die Here is magtig, die stem van die Here is vol majesteit.
5 Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop.
6 Hy laat die Libanon bokspring soos 'n kalf en die Sirjon soos 'n jong bees.
7 Die stem van die Here laat weerlig uitslaan.
8 Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.
9 Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik; dit stroop die bosse kaal. In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!”
10 Die Here heers oor die watermassas, Hy heers vir altyd as koning.
11 Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed.