Psalms 16AFR83

1'n Gedig van Dawid. Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.

2Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.

3Die afgode in die land, so aantreklik vir baie — met hulle wil ek niks te doen hê nie.

4Mag elkeen wat 'n ander god vereer, baie smart beleef. Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie, hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”

5Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.

6'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.

7Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.

8Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

9Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig.

10U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.

11U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 16.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.