Psalms 15AFR83

1'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef?

2Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat,

3nie kwaad praat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie;

4hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,

5sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie. Wie hom hieraan hou, sal nooit wankel nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.