Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 15

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef?
2 Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat,
3 nie kwaad praat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie;
4 hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,
5 sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie. Wie hom hieraan hou, sal nooit wankel nie.