Psalms 140AFR83

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2Red my van mense wat sleg is, Here, beskerm my teen mense wat geweld pleeg,

3wat slegte dinge bedink en elke dag vyandskap aanblaas.

4Hulle tonge is so giftig soos slange, hulle woorde so venynig soos adders. Sela

5Hou my uit die mag van die goddeloses, Here, beskerm my teen mense wat geweld wil pleeg, wat planne maak om my uit die pad te kry.

6Hovaardige mense stel vir my strikke, hulle span toue om my te vang, hulle stel 'n valstrik op my pad. Sela

7Ek sê vir die Here: U is my God! Here, luister tog na my smeekgebed.

8O Here my God aan wie ek behoort, my kragtige Redder, U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval.

9Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here, moet tog nie dat hulle planne slaag nie. Sela

10Dié wat my van alle kante bedreig, verhef hulle teen U; laat hulle dreigemente hulleself tref.

11Laat gloeiende kole op hulle val, gooi hulle in modderputte dat hulle nie weer daar uitkom nie.

12Laat daar geen skindertong in die land wees nie, laat onheil dié wat geweld pleeg, elke keer weer tref!

13Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme.

14Die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal by U woon.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 140.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.