Psalms 12AFR83

1Vir die koorleier: met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2Help tog, Here, want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie.

3Die mense bedrieg mekaar; hulle mislei mekaar met vleitaal.

4Die Here sal al die vleitaal uitroei en die grootpratery van die mense

5wat sê: “In ons tong lê ons krag. Ons lippe help ons. Ons buig vir niemand nie.”

6Maar die Here sê: “Die swakkes word mishandel en die armes kla. Daarom gryp Ek nou in en gee uitkoms aan dié wat daarna smag.”

7Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in 'n oond gesuiwer is.

8U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm,

9selfs al pronk goddeloses nog rond en al heers die gemeenheid nog tussen die mense.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.