Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 11

:
Afrikaans - AFR83
1 Vir die koorleier. Van Dawid. Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos 'n voël!
2 Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref.
3 As die fondamente ondermyn word, wat kan die regverdige daaraan doen?”
4 Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy is oop, sy keur die mensekinders.
5 Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy.
6 Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses, 'n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink.
7 Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees.