Psalms 116AFR83

1Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede.

2Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

3Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword.

4Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!”

5Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.

6Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered.

7Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen:

8U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.

9Ek kon voor die Here bly wandel in die land van die lewendes.

10Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my

11en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staatmaak nie.

12Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?

13Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep.

14My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk.

15Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.

16Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar: U het my vry gemaak.

17Ek wil U loof met 'n dankoffer, ek wil die Naam van die Here aanroep.

18My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk,

19in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, Jerusalem! Prys die Here!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 116.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.