Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 114

:
Afrikaans - AFR83
1 Toe Israel uit Egipte getrek het, toe die nageslag van Jakob getrek het, weg van die volk met die onverstaanbare taal af,
2 het Juda sy gewyde besit geword en Israel sy magsgebied.
3 Die see het dit gesien en op die vlug geslaan, die Jordaan het teruggedraai,
4 die berge het rondgespring soos ramme, die rante soos lammers.
5 Wat is dit met jou, see, dat jy op die vlug slaan, wat is dit, Jordaan, dat jy terugdraai,
6 berge, dat julle soos ramme rondspring, en julle, rante, soos lammers?
7 Bewe, aarde, as die Here verskyn, as die God van Jakob verskyn,
8 Hy wat rots in waterkuile verander, harde klip in fonteine.