Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 113

:
Afrikaans - AFR83
1 Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here!
2 Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.
3 Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word!
4 Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele.
5 [5-6] Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien?
6 ***
7 Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan
8 om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.
9 Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin, sy word 'n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!