Psalms 113AFR83

1Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here!

2Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.

3Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word!

4Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele.

5 [5-6] Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien?

6***

7Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan

8om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.

9Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin, sy word 'n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 113.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.