Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 101

:
Afrikaans - AFR83
1 Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil 'n lied sing tot u eer, Here.
2 Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. Wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe in opregtheid,
3 niks wat sleg is, wil ek nastreef nie. Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my nie.
4 Valsheid wil ek van my af weg hou, van kwaad wil ek niks weet nie.
5 Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis. Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie.
6 Ek kies as my amptenare dié in die land wat op God vertrou; die man wat opreg lewe, hy kan in my diens wees.
7 Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie, geen leuenaar kan my dien nie.
8 In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis, almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.