Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 100

:
Afrikaans - AFR83
1 'n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2 Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!
3 Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.
4 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam,
5 want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.