Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Job 11

:
Afrikaans - AFR83
1 Toe Sofar die Naämatiet vir Job:
2 “Moet al die baie woorde onbeantwoord bly? Kan 'n mens homself met praat regverdig?
3 Moet mense stilbly vir jou praatjies? Wil jy bly laster sonder dat iemand jou bestraf?
4 Jy vir God: ‘Wat ek dink, is reg, ek is onskuldig voor U.’
5 As God maar wou begin praat en jou wou weerspreek,
6 jou wou vertel hoe ingewikkeld die wysheid is, en hoeveel dit vra om iets blywends tot stand te bring! Dan sou jy weet dat God jou nog nie eers vir ál jou sondes straf nie.
7 “Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan?
8 Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik?
9 Dit strek verder as die aarde, wyer as die see.
10 “As God in die verbygaan iemand gevange neem en voor die gereg bring, wie sal Hom keer?
11 God ken skynheilige mense, Hy sien die sonde raak, sonder nader ondersoek.
12 'n Idioot kan nie verstand kry nie, net so min as wat 'n wildedonkievul 'n mens is as hy gebore word.
13 Maar jy, as jy jou verstand reg wil gebruik en jou hande in gebed na God toe uitsteek,
14 as jy jou sonde van jou af sou verwyder en nie toelaat dat onreg in jou woon nie,
15 kan jy jou kop sonder skaamte oplig en in die nood kom sonder om bang te wees,
16 kan jy jou swaarkry vergeet en daaraan dink asof dit water is wat weggeloop het.
17 Jou lewe sal meer lig as die helder middag, jou donker sal lig word soos die môre.
18 Jy sal gerus wees omdat daar vir jou vooruitsigte is, jy sal jou lêplek regmaak en rustig slaap.
19 Jy sal gaan en vir niemand bang wees nie, en baie mense sal jou guns soek.
20 Maar die van die goddeloses sal toegaan, daar is geen uitkoms vir hulle nie: al vooruitsig wat hulle het, is om die laaste asem uit te blaas.”