Psalms 31AFR53

1Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.

4Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.

7Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ,k vertrou op die HERE.

8Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

10Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

12Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

13Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

14Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

15Maar ,k vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.

16My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.

22Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.

23Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. [ (Psalms 31:25) Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 31.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.