Psalms 30AFR53

1'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.

2Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

3HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

4HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

5Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

6want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôre ns is daar gejuig.

7Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword!

9Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:

10Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!

12U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; [ (Psalms 30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof. ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 30.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.