Psalms 21AFR53

1Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

4Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.

5Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. [ (Psalms 21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang! ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 21.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.