Psalms 20AFR53

1Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!

3Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!

4Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.

5Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!

6Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!

7Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

8Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar ons sal roem op die Naam van die HERE onse God.

9Hulle het inmekaargesak en geval, maar ons het opgestaan en ons weer opgerig. [ (Psalms 20:10) HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep! ]

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 20.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.