Psalms 128AFR53

1'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!

2Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!

3Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.

4Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees.

5Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!

6En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 128.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.