Psalms 115AFR53

1Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

2Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?

3terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

4Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.

5Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;

7hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

8Die wat hulle maak, sal net soos hulle word -- elkeen wat op hulle vertrou.

9Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!

10Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!

11Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild.

12Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.

13Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.

14Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.

15Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

16Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

17Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;

18maar ons sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 115.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.