Psalms 114AFR53

1Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,

2het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.

3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.

4Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.

5Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?

6o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?

7Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,

8wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Psalms 114.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.