Job 25AFR53

1Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.

3Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?

4Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?

5Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

6Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou

Choose Translation

Switch translation for Job 25.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.