Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Zechariah 9

:
Afrikaans - AFR20
1 'n Profesie. Die woord van die Here het die landstreek Hadrag bereik en rus op Damaskus, want die oog van mense en al die stamme van Israel is gerig op die Here;
2 so ook Hamat, wat daaraan grens, en Tirus en Sidon, al is hulle baie wys.
3 Tirus het vir homself 'n vesting gebou, en silwer opgehoop soos grond, en goud soos modder op straat.
4 Kyk, die Heer sal hom in besit neem en sy rykdom in die see gooi, en hy sal deur vuur verteer word.
5 Askelon sal dit sien en bang word; Gasa sal inmekaar krimp van pyn, ook Ekron, omdat hy in sy verwagting beskaam is. 'n Koning sal uit Gasa verdwyn, en Askelon sal nie bewoon wees nie.
6 'n Gemengde volk sal in Asdod woon. Ek maak 'n einde aan die hoogmoed van die Filistyne:
7 Ek verwyder die bloederige vleis uit sy mond, die afskuwelike afgodsoffers tussen sy tande. Maar hy wat oorbly, sal ook aan ons God behoort. Hy sal soos familie in Juda wees, en Ekron soos die Jebusiete.
8 Ek sal by my huis kamp opslaan teen die leërs; teen hulle wat verbygaan en terugkom. Geen onderdrukker sal hulle weer oorval nie, want nou waak Ek met my eie oë.
9 Juig, dogter van Sion! Jubel, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe: hy is regverdig en die oorwinnaar; hy is nederig en ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkiemerrie.
10 Ek sal die strydwaens uit Efraim verdelg en die perde uit Jerusalem; ook die strydboog sal verwoes word. Hy sal vrede aan die nasies verkondig. Sy ryk sal van see tot see strek, en van die Rivier tot aan die uithoeke van die aarde.
11 “En verder, Sion, op grond van die bloed van jou verbond met My sal Ek jou gevangenes uit 'n waterlose opgaarput vrylaat.
12 Julle hoopvolle gevangenes, keer terug na die vesting! Verder maak Ek vandag bekend: Ek sal jou dubbeld beloon.
13 Want Juda span ek vir my soos 'n boog en Efraim is die pyl waarmee ek aanlê. Ek stel jou seuns, Sion, op teen jou seuns, Griekeland. Ek maak jou, Sion, soos die swaard van 'n krygsheld.”
14 Dan sal die Here bo hulle verskyn soos weerlig sal sy pyl trek. Die Here, die Heer, sal op die •ramshoring blaas in die stormwinde van die suide sal Hy opruk.
15 Die Here, Heerser oor alle magte, sal hulle beskerm hulle sal die vyand verslind en met klippe uit 'n slingervel onderwerp. Hulle sal drink en luidrugtig wees soos by 'n wyndrinkery. Hulle sal bloed drink soos wyn, Hulle sal vol word soos 'n offerbak, en vol bloed wees soos die hoeke van 'n altaar.
16 Op daardie dag sal die Here, hulle God, hulle verlos as sy volk, sy kudde, want hulle is die juwele van 'n kroon wat glinster oor sy grondgebied.
17 Waarlik, hoe goed en hoe mooi sal dit wees! Koring sal die jong mans laat gedy, en •nuwe wyn die jongmeisies.