Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Zechariah 5

:
Afrikaans - AFR20
1 Ek het weer opgekyk en gesien: Daar was 'n vlieënde •boekrol!
2 Die engel toe vir my: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien 'n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el.”
3 Daarop hy vir my: “Dit is die vloek wat oor die hele land uitgestuur word: Volgens die een kant van die boekrol sal elkeen wat steel, uitgewis word en volgens die ander kant van die boekrol sal elkeen wat vals sweer, uitgewis word.
4 Ek het die vloek uitgestuur,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Dit sal die huis van 'n dief binnedring en ook die huis van elkeen wat by my Naam vals sweer. Die vloek sal in sy huis bly en dit verwoes, die hout en ook die klippe.”
5 Daarop tree die engel wat met my praat na vore en vir my: “Kyk tog mooi en let op wat hier aankom.”
6 Toe ek: “Wat is dit?” En hy antwoord: “Dit is 'n graanmandjie wat hier aankom.” En hy verder: “Dit is die sondeskuld van die hele land.”
7 Meteens word die looddeksel opgelig, en daar sit 'n vrou binne-in die mandjie.
8 En die engel sê: “Dit is die goddeloosheid.” Hy het haar in die mandjie teruggedruk en die looddeksel oor die opening geplaas.
9 Toe ek opkyk, sien ek: Daar kom twee vroue aan met wind in hulle vlerke! Hulle het vlerke soos 'n ooievaar gehad. Hulle het die mandjie opgelig en tussen hemel en aarde laat hang.
10 Ek vra toe die engel wat met my praat: “Waarheen neem hulle die mandjie?”
11 En hy antwoord my: “Na die land Sinar om vir die mandjie 'n huis te bou; en wanneer die huis gereed is, sal die mandjie op sy voetstuk geplaas word.”