Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Zechariah 4

:
Afrikaans - AFR20
1 Die engel wat met my praat, het teruggekom en my wakker gemaak, soos iemand wat uit sy slaap wakker gemaak word.
2 Hy het my gevra: “Wat sien jy?” En ek het geantwoord: “Ek het gesien: Kyk, daar was 'n menora van soliede goud. Bo-op was 'n oliebak met sewe lampe, elkeen met sewe tuite.
3 Weerskante was daar ook twee olyfbome, een aan die regterkant van die oliebak en een aan die linkerkant.”
4 Toe antwoord ek die engel wat met my praat en sê: “Wat beteken dit, my heer?”
5 Die engel wat met my praat, het geantwoord en gesê: “Weet jy nie wat dit beteken nie?” En ek het gesê: “Nee, my heer.”
6 Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die boodskap van die Here aan Serubbabel, ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees,’ die Here, Heerser oor alle magte.
7 ‘Wie is jy, groot berg? Voor Serubbabel word jy 'n vlakte. Hy sal die sluitsteen naderbring onder uitroepe van, “Genade, genade hiervoor!”
8 Dít was die woord van die Here aan my:
9 Die hande van Serubbabel het die fondament van hierdie huis gelê en sy hande sal dit voltooi. Dan sal jy weet dit is die Here, Heerser oor alle magte, wat my na julle gestuur het.
10 Want wie het die dag van klein dinge gering geskat? Hulle sal bly wees en sal die skietlood in die hand van Serubbabel sien.” Hierdie sewe is die van die Here wat die hele aarde deurkruis.
11 Toe het ek weer gepraat en gevra: “Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regter- en linkerkant van die menora?”
12 Ek het 'n tweede keer gepraat en hom gevra: “Wat beteken die twee olyftakke waaruit die goue olie deur die goue pype vloei?”
13 Hy het vir my gesê: “Weet jy nie wat dit beteken nie?” En ek het gesê: “Nee, my heer.”
14 Toe hy vir my: “Hulle is die twee gesalfdes wat by die Heer van die hele aarde staan.”