Song of Solomon 7AFR20

1Hoe mooi is jou voete in jou sandale, dogter van 'n edele. Die kurwes van jou heupe is soos ornamente – die werk van kunstenaarshande!

2Jou naeltjie is 'n ronde kelk – mag dit vol kruiewyn bly. Jou maag is 'n hopie koring, met narsings omsoom.

3Jou borste is soos twee jong bokkies, die tweeling van 'n ribbokooi.

4Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë soos die poele by Gesbon, by die poort van Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van Libanon wat uitkyk oor Damaskus.

5Jou kop is soos Karmel, jou los hare soos purperstof – 'n koning raak verstrengel in die lokke.

6Hoe mooi, hoe lieflik is jy, liefling, hoe verruklik!

7Jou gestalte is soos 'n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.

8Ek het gedink: Ek wil teen die palmboom opklim en sy dadelpluime pluk. Mag jou borste soos trosse druiwe wees, die geur van jou asem soos appels,

9en jou mond soos die beste wyn...... wat glad vir my liefste vloei, liggies oor die lippe van slapendes gly.

10Ek behoort aan my liefste en sy begeerte is na my.

11Kom, my liefste! Kom ons gaan uit na die veld, laat ons tussen die hennablomme oornag.

12Laat ons vroeg na die wingerde gaan, gaan kyk of die wingerd bot, of die botsels al oop is, of die granaatbome in bloei staan. Daar sal ek my liefde aan jou gee.

13Die alruin versprei sy geur en voor ons deur is allerlei heerlike vrugte van hierdie en die vorige seisoen, wat ek vir jou bewaar het, my liefste.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Song of Solomon 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.