Psalms 49AFR20

1Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2Luister hierna, al julle volke, gee aandag, almal wat op aarde woon,

3geringes sowel as dié wat aansien het, ryk en arm saam.

4My mond sal wyse woorde uitspreek; waaroor my hart nadink, spreek van insig.

5Ek het 'n oop oor vir spreuke; onder lierspel sal ek my raaisel oplos.

6Waarom sou ek bang wees in dae van onheil wanneer die wandade van bedrieërs my omring,

7die wandade van hulle wat op hulle besittings vertrou en met hulle groot rykdom spog?

8Een familielid kan nooit 'n ander vrykoop nie, hy kan nie aan God die losprys vir hom betaal nie,

9want die vrykoopprys vir hulle lewens is te hoog en hy moet vir altyd daarvan afsien

10dat hy vir ewig kan leef en die graf nie sal sien nie.

11'n Mens sien immers dat wyse mense sterf; saam met die dwaas en die onverstandige vergaan hulle en laat hulle besittings aan ander na.

12Hulle graf is hulle tuiste vir altyd, hulle woning van geslag tot geslag. Hulle noem stukke grond na hulleself,

13maar 'n mens met skatte is nie blywend nie; hy is net soos die diere – hulle gaan ten gronde;

14dit is hulle lewenspad, dié wat vol selfvertroue is, hulle einde, dié wat van hulle eie uitsprake hou.

15Soos kleinvee is hulle vir die •doderyk bestem, die dood is hulle herder, teen die môre heers opregtes oor hulle. Hulle liggame is bestem vir vertering deur die doderyk, ver van hulle indrukwekkende wonings.

16Maar God sal my lewe vrykoop uit die mag van die doderyk, ja, Hy sal my wegneem.

17Moenie bang wees as iemand ryk word, as hy die rykdom van sy huis vermeerder nie;

18want hy sal niks daarvan in sy dood saamneem nie, sy rykdom sal hom nie na benede volg nie.

19Al wens hy in sy lewe homself geluk en sê, “Hulle moet jou prys, want jy doen goed vir jouself,”

20sal hy by sy voorgeslagte aankom. Vir ewig sal hulle die lig nie sien nie.

21Maar 'n mens met skatte het nie insig nie; hy is net soos die diere – hulle gaan ten gronde.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 49.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.