Psalms 116AFR20

1Ek het die Here lief, want Hy luister na my stem, my smeekgebed;

2ja, Hy draai sy oor na my, en solank ek leef, sal ek Hom aanroep.

3Bande van die dood het my omsluit; angste van die •doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar.

4Toe het ek die Naam van die Here bly aanroep: “Ag, Here, red tog my lewe!”

5Genadig is die Here en regverdig; ons God is barmhartig.

6Die Here beskerm onkundiges; ek is nietig, maar Hy het my verlos.

7Kom weer tot rus, my •siel, want die Here het goed gedoen aan jou.

8Ja, U het my lewe van die dood gered, my oë van trane, my voete van struikeling.

9Ek mag leef in die teenwoordigheid van die Here, in die land van die lewendes.

10Ek het bly glo, selfs toe ek gesê het: “Ek is swaar beproef.”

11Ek is een wat in my angstigheid gesê het: “Alle mense is leuenaars.”

12Hoe kan ek die Here vergoed vir al sy goeie dade aan my?

13Die beker van verlossing sal ek oplig en die Naam van die Here aanroep.

14My geloftes aan die Here sal ek betaal, daar voor sy hele volk.

15In die oë van die Here is die dood van sy troue volgelinge 'n duur verlies.

16Ag, Here, omdat ek u dienskneg is – ja, ek is u dienskneg, die seun van u diensmeisie – het U my boeie losgemaak.

17Aan U sal ek •dankoffers bring en die Naam van die Here aanroep.

18My geloftes aan die Here sal ek betaal, daar voor sy hele volk,

19in die voorhowe van die huis van die Here, in jou midde, Jerusalem. Halleluja!

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Psalms 116.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.