Nahum 3AFR20

1Wee die stad van bloed! Sy is geheel en al net leuens; van wat geroof is, is sy vol, en die rooftogte hou nie op nie!

2Die klank van swepe! Die klank van wiele wat dreun! Perde wat voortstorm, strydwaens wat bokspring.

3Ruiters is op die voorpunt – flitsende swaarde, blitsende spiese! 'n Menigte gewondes, 'n magdom lyke, tallose liggame – hulle struikel oor hulle dooies!

4Alles as gevolg van die hoerery van die prostituut, die aanvallige meesteres van heksery, wat nasies verkwansel het deur haar hoerery, volksgroepe deur haar heksery.

5“Dis Ek teen jou, Nineve!” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Ek sal jou some oor jou gesig oplig; Ek sal die nasies jou naaktheid laat sien, koninkryke jou skaamte.

6Ek gaan vullis op jou uitgooi en jou met minagting behandel. Ek gaan van jou 'n toonbeeld van vernedering maak.

7Dan sal elkeen wat jou sien, van jou af wegvlug en sê, ‘Nineve is verwoes! Wie sal meegevoel met haar hê? Waar sal ek iemand kry wat jou kan troos? ’ ”

8Is jy beter as No-Amon, gevestig aan die Nyl en omring deur water, waarvan die voormuur 'n see van water was, waarvan die stadsmuur ook water was?

9Kus is talryk en ook Egipte, Put en die Libiërs eindeloos in getal, hulle was haar helpers.

10Selfs sy was bestem vir ballingskap; sy moes in gevangenskap gaan. Ook háár kleuters is verbrysel op al die straathoeke. Oor haar edelmanne is geloot, al haar vername mense is met kettings geboei.

11Ook jy sal dronk word en verward wees. Ook jy sal 'n toevlugsoord teen vyande soek.

12Al jou versterkte stede is vyebome met vroeë vye; as die bome geskud word, val die vye in die eter se mond.

13Kyk, die manskappe in jou midde is soos vrouens. Vir jou vyande staan die poorte van jou land wawyd oop; vuur het jou sluitbalke reeds verteer.

14Skep maar vir jou water vir die beleg! Versterk maar jou versterkte stede! Gaan kleigat toe en trap die klei! Vat die steenvorm vas!

15Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou afmaai. Dit sal jou verorber soos voetgangersprinkane. Vermeerder maar soos voetgangersprinkane, word maar so baie soos treksprinkane!

16Jy het jou handelaars meer gemaak as die sterre aan die hemel, maar voetgangersprinkane vervel en vlieg weg!

17Die mense aan jou hof is soos treksprinkane, en jou amptenare soos 'n swerm sprinkane wat op 'n koue dag op die mure sit – as die son deurbreek, vlieg hulle weg. Die plek waarheen hulle gaan, is onbekend.

18Koning van Assirië, jou herders slaap; jou vername mense rus. Jou manskappe is verstrooi oor die berge; niemand bring hulle bymekaar nie.

19Daar is geen herstel vir jou ineenstorting nie. Jou wond is ongeneeslik. Almal wat die nuus oor jou hoor, sal daaroor hande klap, want wie het nie voortdurend onder jou wreedheid deurgeloop nie?

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Nahum 3.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.