Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Nahum 1

:
Afrikaans - AFR20
1 Profesie oor Nineve. Boek van die openbaring aan Nahum, die Elkosiet.
2 Die Here is 'n besitlike God, en Hy wreek Hom. Die Here neem wraak met woede. Die Here wreek Hom op sy teenstanders, Hy is toornig teenoor sy vyande.
3 Die Here is geduldig, maar geweldig sterk. Die Here laat beslis niks ongestraf nie. Deur donderstorm en orkaan loop sy pad, wolke is die stof van sy voete.
4 Hy berispe die see en laat dit opdroog; al die riviere laat Hy wegdroog. Basan en Karmel verdor, die bloeisels van Libanon verwelk.
5 Die berge bewe voor Hom, die heuwels stort ineen. Die aarde verwoes voor Hom, ja, die wêreld met al sy bewoners.
6 Wie kan staande bly voor sy verontwaardiging, wie kan sy brandende toorn weerstaan? Wanneer sy woede uitbars soos vuur, spat rotse voor Hom uiteen.
7 Die Here is goed, 'n toevlugsoord in tye van bedreiging. Hy sorg vir wie by Hom skuil,
8 maar met 'n vloedgolf vernietig Hy die stad geheel en al, sy vyande agtervolg Hy tot in die duisternis.
9 Wat kan julle teen die Here beplan? Hy rig 'n totale vernietiging aan! Bedreiging sal nie 'n tweede keer toeslaan nie.
10 Selfs al word hulle saamgevleg tot 'n doringskerm, en omring deur rankplante, hulle sal verteer word soos stoppels wat heeltemal droog is.
11 Uit jou het hy weggetrek, hy wat onheil beraam teen die Here, wat boosheid beplan.
12 So die Here: “Al was hulle ook in volle sterkte, so baie as wat hulle was, soveel is afgemaai en het verdwyn. “Ek het jou verneder, maar Ek sal jou nie weer verneder nie.
13 Daarom gaan Ek sy juk breek wat op jou rus, jou stroppe gaan Ek aan stukke ruk.”
14 Maar die Here beslis oor jou, koning: “Jou naam sal nie meer voortleef nie. In die huis van jou gode sal Ek die gesnede beelde en gegote beelde vernietig. Ek berei jou graf voor, want jy is onbenullig.
15 Kyk! Op die berge is die voete van die een wat 'n goeie boodskap bring, wat 'n vredesboodskap laat hoor: “Vier maar jou feeste, Juda! Betaal jou geloftes, want die booswigte sal nooit weer deur jou trek nie; hulle is almal uitgeroei.”