Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Luke 9

:
Afrikaans - AFR20
1 Jesus het die twaalf bymekaargeroep, en aan hulle mag en gesag oor alle demone gegee en om siektes te genees.
2 Toe het Hy hulle uitgestuur om die •koninkryk van God te verkondig en om die siekes gesond te maak,
3 en vir hulle gesê: “Moet niks vir die pad saamneem nie, nie 'n wandelstok of 'n reissak of brood of geld of twee kledingstukke nie.
4 Watter huis julle ook al binnegaan, bly daar oor totdat julle weer daarvandaan vertrek.
5 En as enigiemand julle nie verwelkom nie wanneer julle daardie dorp verlaat, skud die stof van julle voete af as getuienis teen hulle.”
6 Hulle het toe vertrek en die land van een dorpie na die ander deurreis, terwyl hulle die evangelie verkondig en oral siekes gesond maak.
7 Herodes, die tetrarg, het van al hierdie gebeurtenisse gehoor en was verward, omdat sommige mense dat Johannes uit die dood opgewek is,
8 terwyl ander beweer dat Elia verskyn het, en nog ander dat een van die profete van ouds opgestaan het.
9 Herodes het gesê: “Johannes het ek onthoof, maar wie is hierdie persoon van wie ek sulke dinge hoor?” En hy het probeer om Hom te siene te kry.
10 Die •apostels het teruggekeer en vir Jesus vertel wat hulle alles gedoen het. Toe het Hy, met net hulle by Hom, na 'n dorp gegaan wat Betsaida genoem word.
11 Maar die skare het dit agtergekom en Hom daarheen gevolg. Hy het hulle verwelkom, en met hulle gepraat oor die •koninkryk van God, en diegene wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.
12 Dit het al skemer begin raak. Toe het die twaalf nader gekom en vir Hom gesê: “Stuur die skare weg na die dorpies en plase in die omgewing om slaapplek en kos te gaan soek, want ons is hier op 'n verlate plek.”
13 Hy toe vir hulle: “Gee julle vir hulle iets te ete.” Maar hulle antwoord: “Ons het niks meer nie as net vyf brode en twee visse, tensy ons gaan kos koop vir al hierdie mense.”
14 Daar was ongeveer vyfduisend mans. Hy toe vir sy dissipels: “Laat hulle gaan sit in groepe van ongeveer vyftig.”
15 Hulle het so gemaak en almal laat sit.
16 Hy het die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seëngebed uitgespreek. Hy het dit toe in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee om aan die skare uit te deel.
17 Almal het geëet en het versadig geword, en van die stukke wat oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
18 Op 'n keer, toe Jesus alleen gebid het, met slegs sy dissipels by Hom, het Hy hulle gevra: “Wie die mense is Ek?”
19 En hulle het geantwoord: “Johannes die Doper, maar ander Elia, en ander weer dat een van die profete van ouds opgestaan het.”
20 Hy toe vir hulle: “Maar julle, wie julle is Ek?” •Petrus het geantwoord: “Die Christus van God.”
21 Jesus het hulle opdrag gegee om dit aan niemand te vertel nie,
22 “want,” het Hy gesê, “die •Seun van die Mens moet baie ly, deur die familiehoofde, leierpriesters en die skrifkenners verwerp en doodgemaak en op die derde dag opgewek word.”
23 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg;
24 want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red.
25 Want wat help dit 'n mens as hy die hele wêreld as wins bekom het, maar homself verloor of skade aangedoen het?
26 Wie hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die •Seun van die Mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en die heilige engele.
27 Ek verseker julle: Sommige van dié wat hier staan, sal beslis nie die dood smaak voordat hulle die koningsheerskappy van God gesien het nie.”
28 Ongeveer agt dae nadat Hy dit gesê het, het Hy •Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en teen die berg op gegaan om te gaan bid.
29 En terwyl Hy besig was om te bid, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het helderwit geskitter.
30 Skielik was daar twee manne wat met Hom gesprek voer. Dit was Moses en Elia.
31 Hulle het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog, wat Hy in Jerusalem tot vervulling sou bring.
32 Maar Petrus en die ander twee wat saam met hom was, is deur slaap oorval, en toe hulle wakker word, sien hulle sy glansende heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
33 Toe die manne van Hom afskeid neem, Petrus vir Jesus: “Meester, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U en een vir Moses en een vir Elia.” Hy het nie besef wat hy nie.
34 Terwyl hy nog praat, kom daar 'n wolk en gooi 'n skaduwee oor hulle. En terwyl hulle in die wolk verdwyn, het die dissipels bang geword.
35 Daar kom toe 'n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my •Seun, die Uitverkorene. Luister na Hom.”
36 Nadat die stem gepraat het, het hulle Jesus alleen aangetref. Hulle het stilgebly en vir niemand in daardie tyd vertel wat hulle gesien het nie.
37 Nadat hulle die volgende dag van die berg afgekom het, het 'n groot skare mense Hom tegemoet gekom.
38 En skielik het 'n man uit die skare hard uitgeroep: “Meester, ek smeek U, kom kyk asseblief na my seun, want hy is my enigste kind.
39 Kyk, 'n gees pak hom gereeld beet en dan gaan hy skielik aan die skreeu. Hy gee hom stuiptrekkings met skuim om die mond, en verniel hom en wil hom beswaarlik los.
40 Ek het u dissipels gesmeek om hom uit te dryf, maar hulle kon nie.”
41 Toe antwoord Jesus: “O, ongelowige en ontaarde geslag! Hoe lank moet Ek nog by julle bly en julle verdra? Bring jou seun hier.”
42 En terwyl die seun nader kom, laat die demoon hom val en stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die •onrein gees bestraf, en die kind gesond gemaak en hom aan sy vader teruggegee.
43 Almal was verstom oor die grootheid van God. Terwyl almal nog verbaas was oor al die dinge wat Hy gedoen het, Hy vir sy dissipels:
44 “Luister goed na hierdie woorde: Die •Seun van die Mens gaan in die hande van mense oorgelewer word.
45 Hulle het hierdie uitspraak egter nie verstaan nie. Die betekenis daarvan was vir hulle verborge, sodat hulle dit nie kon begryp nie, maar hulle was te bang om Hom oor hierdie uitspraak uit te vra.
46 'n Argument het onder hulle ontstaan oor wie van hulle die belangrikste is.
47 Jesus het geweet wat hulle in hulle harte dink, en trek toe 'n kindjie nader en laat hom langs Hom staan.
48 Toe Hy vir hulle: “Wie hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My. En wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. Die geringste onder julle almal, is die belangrikste.”
49 Hierop het Johannes gesê: “Meester, ons het iemand in u Naam demone sien uitdryf, en ons het hom probeer keer, omdat hy U nie saam met ons volg nie.”
50 Maar Jesus het vir hom gesê: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vir julle.
51 Toe die tyd vir Jesus se hemelvaart nader kom, was Hy vasberade om die reis na Jerusalem te onderneem.
52 Hy het boodskappers voor Hom uitgestuur. En hulle het vertrek en by 'n Samaritaanse dorpie aangekom om daar vir Hom voorbereidings te tref.
53 Maar die Samaritane het Hom nie ontvang nie, omdat Hy doelgerig na Jerusalem op pad was.
54 Toe die dissipels Jakobus en Johannes dit sien, hulle: “Here, wil U ons moet vuur uit die hemel laat neerkom om hulle te vernietig?
55 Maar Hy het omgedraai en hulle tereggewys.
56 Hulle het toe na 'n ander dorpie gegaan.
57 Terwyl hulle op pad was, het iemand vir Hom gesê: “Ek sal U volg, waar U ook al gaan.”
58 Maar Jesus het hom geantwoord: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die •Seun van die Mens het geen plek waar Hy sy kop kan neerlê nie.”
59 Vir 'n ander een het Hy gesê: “Volg My!” Maar hy het geantwoord: “Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.”
60 En Jesus het vir hom gesê: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe; maar jy, gaan verkondig jy die •koninkryk van God.”
61 Nog 'n ander een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om net eers van my huismense afskeid te neem.
62 En Jesus het vir hom gesê: “Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en dan omkyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.”